Sunday, March 15, 2009

ATKV Buffelspoort

Nog 'n kamp, en weer reen dit. Heerlik... ek kan die volgende aanbeveel: vat die kampnaweek se Vrydag verlof. Teen middag ete is die kamp opgeslaan (terwyl die ander mense nog uit die stad se verkeer sukkel!).

Die kinders wys mekaar hoe daar nou einlik geverf moet word.


Verder onthou ek dat ons die rugby probeer kyk het... Lucas: wie het nou weer gewen? En ojaaaa daai muurbalbaan maak mens moeg hoor!

Saturday, January 10, 2009

Weesgerus

En hierso staan ons by die redelike leeg "groot" sirkel van Weesgerus.


Altyd 'n kampvuur foto.

Dit het so nou en dan gereen... die hele naweek. Gelukkig het dit lank genoeg opgehou dat ons Sondag in die sonskyn kon opslaan.

En vir aktiwiteit het ons lekker tennis gespeel, al het ons net plakkies aangehad. En wie kan nou daai "tieners" vergeet wat nie weet hoe om 'n asblik te gebruik nie!!!?

Ek het nie fotos van dit nie, maar ons het mos lekker krieket gespeel ook, nie waar nie?