Dit is Februarie 2007 en ons probeer 'n nuwe kamp plek.
Ons het 'n groot gazebo afdak gebou vir lekker koelte. Die staanplekke is so groot, ons het aan die begin verdwaas rondgestaan en wonder hoe die laer gebou moet word. En toe staan ons almal op 1 plek onder dieselfde boom!